1. Physical Address:
    2. Dean Street
    3. Newlands
    4. Cape Town
    5. 7700
    6. Postal Address:
    7. SACS Junior School
    8. Private Bag
    9. Newlands
    10. 7725
    11. Email Address:
    12. Click here to email
    13. Mobi Site:
    14. www.mobis.co.za/sacsj
    15. Secretary:
    16. 021 689 4001
    17. 021 685 7028 (fax)
    18. Bursar:
    19. 021 686 6027
    20. JE De Villiers House:
    21. 021 689 8779

Afrikaans

Die vraag word dikwels gevra waarom Afrikaans nog in skole onderrig moet word.  In die twee mees onlangse sensusopnames is Afrikaans, na Xhosa en Zulu, die mees gesproke taal in Suid-Afrika en word dit deur meer as 6 miljoen mense op ‘n daaglikse basis gepraat, waarvan 55.3% in die Wes-Kaap woon.  Daarom glo ons by SACS dat Afrikaans ‘n belangrike komponent van die kurrikulum uitmaak.

Doelstellings
Ons poog om die seuns selfvertroue en ‘n bruikbare kennis van Afrikaans te gee sodat hulle met vrymoedigheid in hulle daaglikse omgang met ander daarin kan kommunikeer – hoe krom en skeef ook al!
Vanaf graad 4 konsentreer ons op die volgende vyf hoof vaardighede wat die seuns deeglik vir hoërskool voorberei:

Luister en praat
Lees
Begrip
Skryf

Ons poog dat hulle teen die einde van graad 7 die volgende kan behartig:
• Om gemaklik te wees met Afrikaans as omgangstaal.
• Om eenvoudige artikels, advertensies en gesprekke te verstaan.
• Om eenvoudige geskrewe Afrikaans met begrip te lees en skryf.
• Om die nodige taalreëls baas te raak sodat hulle bogenoemde met selfvertroue kan uitvoer.

(Druk hierdie knoppie om ‘n voorbeeld van ‘n wonderlike video mondeling te geniet)

Afrikaans Mondeling